May 11th, 2010

Brandewyn is ‘n Bliksem!

FokkinSnaaks, Woelige Parties, by admin.

Awe checkit yt! Julle almal ken al die kak en weet hoe dit voel, maar nou ja, dis wat gebeur en hoe mens voel as jy poeskas raak oor ‘n kuier…

Soos gewoonlik, gaan mens mos net vir enetjie, maar daai “enetjie” bly ook nooit net fokken “enetjie” nie. Dis mos nou waar die kak begin! Na daai dubbel raak die dubbels net lekkerder en die tyd pla ‘n bra dan mos nou net mooi fokol… 3 ure se slaap is mos oor as fokken genoeg. Die jol begin al hoe meer ruk, die musiek pomp, die lyfies raak net mooier, even die vetties raak hot en die kaart word net geswipe… Nou besef jy dis tyd om huis se kant toe te fok, jy moet nou nog agter paaie om ry want jy is bang die “pote” vang jou en jy slaap langs ‘n bra 3 keer jou size called “Babba”!

As jy dit maak tot by die huis, loop eerste yskas toe vir iets om te eet… brood, kaas of fokkin enigiets is goed genoeg op daai stadium (dis as jy nou nie gestop het vir ‘n “garage pie” nie!). Jy fok bed toe en raak dadelik aan die slaap… skrik wakker die volgende middag 2uur en dit voel asof ‘n “great dane” in jou bek gekak het!! Jy soek om haas met n moerse gejaag na enige vloeistof… water, orange juice of verkieslik ‘n “groen ambulaans” (cream soda). Jou hele dag is gefok en jy sweer dat jy gat nooit weer so gesuip raak en huis toe ry nie, alterwyl jy dink “ag fok, hoeveel keer het ek dit nou al gese?!”

Jy tel die foon op om by jou beste pel te hoor wat de fok die vorige aand gebeur het! Hy is so befok vir jou en val jou in die rede… “‘n Dominee en ‘n hoer kom by ‘n bar ingeloop…. Weet jy wat sê die barman vir hulle? …ek kan nie meer die storie so lekke onthou nie, maar die hele punt is “Jou ma se poes!” en met dit kry jy ‘n “flashback” van die cherrie wat jy by hom afgevry het!

So bly ons ma altyd in die kak… van nou af voel ek ‘n fok, hou op vir myself lieg (dat ek dit nie weer gaan doen nie), raak maar net gesuip en geniet die dubbels! Drank en doos is soos Eva en die Appel… (true story)

FacebookEmailTwitterShare

Back Top

Responses to “Brandewyn is ‘n Bliksem!”

  1. Hoe lus is ek nou vir ‘n bierjie……

  2. Dank voor de informatie.Wat bliksem al niet kan doen.

  1. No trackbacks yet.

Leave a Reply

Back Top


Afrigator