February 4th, 2011

Hon aka the Gon se Reviews…

1 Comment, Hon se Reviews, by admin.

Awe mother fuckas!! Hoop julle almal het n siek week gehaad na n befokte jool. Ekt die week n paar goed gekyk net om julle te laat weet wutsup. Ons spring sommer straight in die movie in.

Movie

Ok, ek weet die movie is al n tydjie uit ma ek kon my self nie help nie. Ek konie da by uit kom tot  nou toe nie. En toe kyk ek dit nou die aand. Dit is een van die beFOKSTE movies wat ek nog ooit in my lewe gekyk het. Ek praat natuurlik, van INCEPTION. Ekt die movie tot n mate uitgestel as gevolg van die kak wat ander mense gepraat het van jy moet konstant aandag gee en dis so ingewikkeld en kak. Dis net fokken goed!! Ja jy moet actually oplet waneer da verduidelik word wat angan met di drome en kak, ma dis eintlik n fokken stuk action movie. Die basiese beskrywing van die fliek is dat Leo Dicaprio in drome in gan. Hy word gehuur deur korporasies om informasie te steel uit mense se drome uit. En dan kom die kicker. Dis al wat ek kan se. Leo het n befokte rol, Joseph Gordon-Levitt (die laaitjie van 10 Things I Hate About You’) en Ellen Paige (daai chick van Juno) speel alby fokken goeie rolle in n movie wat defnitief in my top 10 ooit kom. Dis van die begin af intense en hou jou an die gang. Ek kykit sommer fokken weer. So ja, dis dit. As jy dit nog nie gekyk het nie, KYK DIT!! Da is n rede dat dit n 9/10 op IMDB gekry het.

Series

Die week se series is Blue Bloods. Dit is een BEDOOSDE  fokken reeks. Gan oor ‘n familie van pote (wag net voor jy fokof!). Die familie is basies DIE pote van die New York. Die oupa grootjie is die vorige commissioner, die oupa is die huidige commissioner, die een laaitjie is n detective, die ander boeta was n prokereur, toe los hy dit om n’ straat vark te raak. En dan is da die dogter wat prokereur vi die staat is. Bietjie van n teef ma nie te lelik nie so oraait. Nou die basiese punt is ma elke episode het n ander case of some shit. Ma dis befok gedoen en gan leka ini mense se lewens in ma nie so erg dat jy track verloor vanie leka skurk jagte nie. Da is n onderliggende storie though. ‘n Intrissante stukkie wat half ini background afspeel metie jongste laaitjie. Oh, en het ek genoem Tom Selleck speel die Polisie Commisioner. Fuckin Magnum P.I. baby!! En Mark Wahlberg se boeta speel die detective. Love dai Fokker. Goeie actor. Ma dis nou genoeg kak gepraat. As jy cop shows like, kyk dit.

Ek ganie die week n album doenie. Ek gan net vlugtug vir julle almal se, julle beter by Ramfest wees. Die befokste band ooit speel da. Alkaline Trio. Ekt groot geword op die ouens. Hulle is vani states af en ruk n dang al mal vir baie jare! So ek verwag om julle almal te sien julle tiete verloor en gesuip raak en simple raak by Ramfest op Alkaline Trio!!

Tot later fokkers… Geniet julle naweek! Almal is seka teen die tyd al gepay, so hou jouself lanie vir die volgende paar dae want jyt mos leka tjamula! Oor ‘n week is ons we doos arm..

FacebookEmailTwitterShare

AWEnis my ma se kinners. Julle kan my leer ken as Hon(uitgespreek Gon of The Gon)! Ek gan met julle praat oor movies, series en musiek. Ek gan my opinie lewer oor die kak,  As jy nie saam stem nie, asse-fokn-blief, lewer jou opinie!!! Dis waarvoor die comment box onder opi donderse bladsy is! So awe, hiers gat ons.

Movie

Die week se movie is The Tourist. Dit gan basies oor n Hottie(Angelina) wat gevolg word deur die pote want ha stukkie is ‘n dief van ‘n ander kaliber. Die perd het  by n gangster FOKKEN baie geld gesteel. Johnny is n toeris wat die sexy Angelina op n trein raak loop. Binnekort dink  almal, pote en boewe,  hy is die hottie se dief boyfriend.  Nou almal weet Angelina is bliksems hot en Johnny is funny as fuck, maar die movie het ek mee gesukkel. Ekt vir vyftig minute lank gesit en gewonder of ek mar moet ophou kyk. Dit was droog en fokken  verveelig. Die eerste helfte van die fokken movie het ek een keer ge glimlag, Wat nog van lag. Ma toe draai dit. Die eerste gedeelte was boring vi n rede, om ju af te gooi van die twists and turns wat in jou gesig gegooi word soos n koue bier deur n mooi girl wat jou direk daarna gryp! In alle eerlikheid, ek wou in die eerste helfte ophou kyk, en toe draai dit uit een van die beste movies wat ek nog gesien het. Ek kanie meer se nie. Hou julle self mar besig met Angelina se sexy en Johnny se swagger in die begin, want as jy vas byt sal jy NIE spyt wees nie.

Musiek

Die week se musiek is die nuwe album van ‘Cage The Elephant’ genaamd ‘Thank You Happy Birthday’.

Die van julle wat al di game ‘borderlands ‘ gespeel het sal hulle erken as die ouens wat die theme song sing in die begin. En vir die van julle wat hulle nie ken nie, kom fokken by! Hulle eerste album was BEFOK! Baie bluesy met befokte rock dele! Ek gan moet eerlik wees, ek moes n paar keer hulle nuwe album luister voor ek dit kon anvaar. Die eerste keer het ek net deer al die songs geskip en wasi impressed nie. Maar as jy die tyd vat om te luister, kom mens agter dat hulle eintlik befokte musiek maak! Hulle eksperimenteer met klomp nuwe goed. Onder andere n bietjie punk. Lead singer Matthew Schultz se lyrics ruk n ding weer mal. Da is n song of twee wat hulle ou fans net sal afpiss, ma ek se julle, luister meer as een keer, en jy ganit fokken love. En as jy hulle glad nie ken nie, KRY HULLE EERSTE ALBUM! Dis die moeite werd maak nie saak wat jou smaak is nie. Behalwe as jy nou n’ doos is wat musiek luister vir die image daarvan.

Series

En laaste, gan ek praat oor n nuwe series wat nou begin het. Net gou vining voor ek begin, ek gan net nuwe series hier bespreek. Die fokken goed spring op soos vliee om honde kak. En almal het al opinie oor die kak wat al uit is.

Vandag se series is Off the Map. Nou reguit, dis fokken Greys Anatomy meets George of the jungle. Die show geskiet in die middle van die amazon of some kak. En daar is n groep dokters wat die USELESS fokken mense daar help. Daar is genoeg slange en bloed en sulke kak om dit kykbaar te maak vir die mans want ek se jou nou, die dames hulle gan dit like! Die storie volg die main chick wat da aankom as n volunteer en nog twee windgat dokters saam met haar. Hulle word rondgefok en op geperv  deur die dokters wat al n tydie daar is. Die australianer veral piss my vieslik af. Dalk isit net omdat hy ‘n fokken Ozzie is. Die show is pretty intense vir meeste van die tyd, maar dit raak kak soppie nou en dan. Mans kan n dop gan kry terwyl di dames n traan stort. Veder is dit baie kykbaar. Ek sal voorstel om ten minste die eerste episode te kyk voor dit afgeskryf word.

Awe, so daar het julle dit…Sal so een mal ‘n week julle updated hou met die tipe kak… As jy wil he ons moet iets review, laat poese weet ons! As jy skiem die goed is kak of jy dink jou ma is beter as een van die reviews, gooi jou comment!

Dis Vrydag naaiers, los die kak nou tot Sondag as jy en jou goose op die bank le en stink-vingertjie speel… Raak fucked, die naweek is kort en die Jool gan poes hard klop!

FacebookEmailTwitterShare

Afrigator