Awe masekiners, check die local bra’s, proudly van die Cape Town! Die kak moet jy luister, dik heavy uitgeskollie, KRYPTnSEDSO buig solide yster! WATCH DIE VIDEO AL MY WOELAGE BRA’s! Die vader van die afrikaanse rap het gepraat, beter as jou fokken MA!!

To Vote SMS hip4 na 32541 (nie ees ‘n fizzer se fokken prys nie)

FacebookEmailTwitterShare

Hos ma se kinnes, it’s been a facking while..but guess who’s back guess who’s back guess who’s back, ons is terug soos 1994 strikes en stakings vani munisipaliteit to bomb up this site, is mos time! Het julle fokkertjies ons gemis? ek fokken hoop so…

Voor ek nou te excited raak en ‘n dratie kap wil ek net die onfoklike gevalike treffer van Jansen Myburg aan julle almal bekend stel, jaja ek weet party van julle gaan dink “word wakker poes” die tune is al ‘n tydjie uit…maar nou ja, ek is agter ‘n fokken klip gebore en sonder die interwebs is ek fucked…. so anyfuckingway, hierdie is ‘n gevalike tune en skiem julle almal sal hom meer as ‘n warm brannas sonder ys geniet!

En die beste van als is- jou ma, pa, ouma,oupa en jou aan ge “jy weet wat” tannie sal dit geniet!

Delarey se ryperd (Radio version) by DJ naaldeKOKER

So gooi ‘n brannas, luister na die treffertjie en gooi jou opinie…

FacebookEmailTwitterShare

Hulle treffers Blaas Jou Vuvuzela (met Jack Parow) en Staan My By (met Chris Chameleon) het tesame ongeveer 300,000 hits op YouTube behaal. Hul derde album, “Heuningland,” gaan binnekort goue status bereik, en nou is hulle besig met ‘n ‘mockmentary’ film omtrent ‘n optrede by ‘n sekere welbekende rock-fees.

Wat gebeur as ‘n klomp takhare wat outydse musiek op plaasgereedskap uitvoer per abuis genooi word om vermaak te verskaf vir die derduisende jong wildsbokke wat jaarliks OppiKoppi toe trek om ‘heavy metal’ te luister?

Alles sal Maandag Augustus 15 onthul word tydens ‘n spesiale gemengde-media optrede by die Barnyard Theatre in Menlyn, Pretoria.

RKO is die binne-huis orkes van die mitiese trans-Boer radiostasie, Radio Kalahari, wat iewers anderkant die Groot Rivier uitsaai. Gelei deur die welbekende akteur Ian Roberts. RKO se musiek is so Suid-Afrikaans soos koeksusters, biltong en mampoer, met hier ‘n Keltiese klankie en ‘n viool wat deurgaans die duiwels laat dans. Die orkes se optredes is deesdae weke vooruit volbespreek, en hulle het menigte nuwe aanhangers in Holland en België vasgetrek as gevolg van hulle liedjies se aanlyn-gewildheid.

Maandagaand se Barnyard optrede sal soos alle RKO shows heeltemaal uniek wees. Oom Ian Roberts gaan stoepstories vertel, die orkes sal treffers uitvoer en iewers tussenin kry julle ‘n voorsmakie van Operasie Oppikoppi, regisseur Lloyd Ross se kort komedie oor verlede jaar se Oppikoppi, waar RKO saam met Jack Parow en Valiant Swart opgetree het.

“Radio Kalahari – honderd jaar agter die tye, maar steeds op die spoor!”

Radio Kalahari Orkes tree op by die Barnyard Theatre Menlyn Pretoria

Datum: 15 Augustus 2011

Tyd: 20:30

Kaartjies: R135 pp

Facebook event: http://www.facebook.com/event.php?eid=217725188278038


FacebookEmailTwitterShare

Hos ma se nat kinners… Checkit, ons gan van nou af vir julle musiek reviews, band reviews en Afrikaanse fokken gevalike gigs bring, ons woelage bra da by Cape Town Music Scene sal al ons woelage fokkerkies updated hou met die nuutste kak opi interwebs, so ja… moenie vir jou ma gaan se dat ons jou nie meer leer as wat die skool jou leer nie!

So vandag tune CTMS vir julle bietjie meer oor Obsessie met als, skiem die naam is nogals benaai… Skiem ek het ook ‘n Obsessie met als, veral frannewyn die canetrein en furburgers, ja dit rym nie maar ok fokken kay…

Obsessie met Als…

Ek het besluit om nog ‘n Afrikaanse post oor nog n Afrikaanse rock band te doen – maar hulle is nie NET nog ‘rock band nie….

Obsessie met als : die three piece, Afrikaanse Rock ‘n Roll band van Kaapstad wat stadig maar seker ‘n groot belangstelling onder vele mense laat ontwikkel het met hulle energieke, omstrede en harde musiekstyl. Met die styl, energie en passie van hierdie ouens, het Afrikaanse rock ‘n roll n hele nuwe betekenis en dimensie gekry.

In 2007 het die 3 ouens bymekaar gekom, en Obsessie met Als is gebore. Hulle is :

Pierre Van der Naam – Stem/ Kitaar
Evan Scheepers – Baskitaar
Heinrich Volschenk – Dromme/ Stem

Ek het hulle vir die eerste keer gesien in 2007 by die Kunskafee in Durbanville, en het onmiddelik gehou van wat ek gehoor het, en gesien groter dinge is oppad.

In 2008 haal hulle reeds die voorblad van die Tygerburger en van Jip, en speel ook saam met Van Coke Kartel op hulle CD launch toer, Waaksaam en Wakker. Laat 2008 begin hulle aan hulle volgente album, “Splinter nuwe moeilikheid” werk.

Hulle eerste musiek video, “Klaar te laat”, ( link na video op FB : Klaar te laat ) verskyn op MK in 2009, en word ook deur die Kyknet program, Net virri grap, genooi vir ‘n interview. Radio KC 107.7FM in die Paarl nooi van die lede om ‘n rock program te begin, en die program groei tot 5000 luisteraars.

2010 verskyn hulle in Your LMG magazine as Band to Watch. Hulle CD, nou klaar, is landswyd beskikbaar in Look & Listen en Music Moods. Die album launch toer volg, in die Wes Kaap, onder die naam “Dans met jou MA”. Die jaar sien ook nog twee van hulle musiek videos die lug op MK, naamlik “Oggend Visie” (link na FB video : Oggend Visie en “Kom nou saam” (my persoonlike gunsteling). Hier is die video

Hierdie jaar sover, het launch “Kom nou saam” se musiek video in Holland, “Verken jou naaste” verskyn op MFM se Top 40 High Rotation chart en hulle word deur Paul Bothner gesponsor.

Hulle het ook die jaar opgetree by die KKNK, Cederberg fees en Rock The River Easter.
Ook ander shows, saam met die volgende kunstenaars : Van Coke Kartel, Ryno Velvet, Die Heuwels Fantasties, Crash Car Burn, Wrestlerish, Taxi Violence en Versus the Wolf.

Verwag om nog baie van die ouens te hoor – hulle weet van Rock n Roll!

Hier is waar jy hulle in die volgende tyd kan te sien kry :

23 Julie – Nameless pub, Somerset West
28 Julie – Cheetahs, Brackenfell
06 Aug – Atom Fest 2, Ceres
13 Aug – Purple Turtle

Facebook page : Obsessie met Als

So ja, daar het julle dit!

Check CTMS uit by Cape Town Music Scene & Facebook Page


FacebookEmailTwitterShare

Afrigator